ek is … lees my boek en figure my uit

As wêreldreisiger het ek mense en plekke bestudeer. Ek het vir amper 10 jaar op skepe gewerk en gedurende hierdie tyd materiaal bymekaargemaak om my stories deur middel van woorde en foto’s aan die wêreld te vertel.

Vir 4 jaar het hy in Hondeklipbaai, ’n klein dorpie op die Namakwalandse weskus, in afsondering gaan bly. Daar het ek ’n wonderlike mens ontmoet wat my baie van Namakwaland en die Weskus geleer het. Omdat ek in afsondering was, het ek begin stories skryf. Waar of onwaar, my stories raak mense se harte.

Tans woon ek in Johannesburg en werk as vryskutskrywer, -kunstenaar en -fotograaf, maar bowenal is ek ’n storieverteller.